Testimonial from Dr Chris Boshoff


Hi Mariska,

Jou goeie diens verstom my! Ek het nog nie eers behoorlik uitgepak nie. Ons het n fantastiese week daar by julle gehad en ek sal met absolute vrymoedigheid GITGR by almal aanbeveel. Alle reelings het seepglad verloop en orals is ons uiters professioneel ontvang en behandel. Die gholfbane is topklas en julle is regtig in n unieke situasie om so baie puik gehalte bane so bymekaar te he. Op pad terug het ek by n vulstasie stilgehou en toevallig n tydskrif (“SA WOMAN GOLFER”) oopgeblaai en op “the ultimate golfing road trip” afgekom – presies ons roete (behalwe vir Mosselbaai). “Ultimate” was dit beslis!!! Baie dankie vir GITGR !!!

My seun en ek het beide n ongelooflike week gehad. Dit sal ons beide bybly so lank ons nog leef !!!

Groete
Dr Chris Boshoff

 


Share